Die môre toe ek my oë oopmaak
En die gril tot in my binneste raak
Weet ek die oomblik het aangebreek
Die wêreld is aan die brand gesteek
Deur die vlamme moet ek wys
’n Skaarse flitsie in die grys
Skouers trek terug, ken lig op
Dood is al wat my gaan stop
Die vloer is oop, nou’s die tyd
Ligte aan, musiek is luid
Sluk en staan, tel jou tree
Vat my hand, voel wat ek gee
Laaste kans, laaste dans
Die ligte skyn op jou
Laaste kans, laaste dans
Kies wat jy wil berou
Laaste kans, laaste dans
Vonke oral om ons nou
Laaste kans, laaste dans
Tot die einde sal ek klou
Die sand loop sag en vloei uit
Almal moet iewers die stof byt
Nie almal sal die arena betree
’n Handvol sal die beker vee
Een tree vorentoe, twee terug
Die rook hang swaar, ek kry nie lug
Jy kyk my aan, ek staan verstom
Die hele wêreld draai rondom
Die vloer is oop, nou’s die tyd
Ligte aan, musiek is luid
Sluk en staan, tel jou tree
Vat my hand, voel wat ek gee
Laaste kans, laaste dans
Die ligte skyn op jou
Laaste kans, laaste dans
Kies wat jy wil berou
Laaste kans, laaste dans
Vonke oral om ons nou
Laaste kans, laaste dans
Tot die einde sal ek klou
Die laaste note gee my hoendervleis
Die hare op my ruggraat reis
Ek kyk die einde in die oë
My binneste vuis sê, vat so
Dis nou of nooit, dit is dit
Ek voel hoe raak my kiewe wit
Maak toe my oë en gaan vir die soen
Weg ruk als. Dit is gedoen
Laaste kans, laaste dans
Die ligte skyn op jou
Laaste kans, laaste dans
Kies wat jy wil berou
Laaste kans, laaste dans
Vonke oral om ons nou
Laaste kans, laaste dans
Tot die einde sal ek klou
From the album
Doringhout