My seun, my onderrig moet jy nie vergeet nie,
en my gebooie – jou hart moet daarby hou;
want die lengte van jou leeftyd,
die lewensjare en vrede sal dan vir jou vermeerder word.
Troue liefde en waarheid moet jou nooit verlaat nie.
Bind dit om jou nek,
skryf dit op die tafel van jou hart,
dan sal jy guns en goeie begrip vind
in die oë van God en die mense.
Vertrou op die Here met jou hele hart –
op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.
Ken Hom in al jou weë,
en Hy sal jou paaie reguit maak.
Moenie wys wees in jou eie oë nie.
Jy moet ontsag hê vir die Here,
bly weg van die kwaad.
Genesing sal dit bring vir jou liggaam
en verkwikking vir jou gebeente.
Eer die Here met jou rykdom,
met die beste deel van jou volle oes;
dan sal jou graanskure oorvol wees,
en van •nuwe wyn sal jou parskuipe oorloop.
Vertrou op die Here met jou hele hart –
op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.
Ken Hom in al jou weë,
en Hy sal jou paaie reguit maak.
Die vermaning van die Here, my seun,
moet dit nie verwerp nie,
en moenie ’n afkeer hê van sy teregwysing nie.
Want die een vir wie die Here liefhet,
wys Hy tereg,
soos ’n vader die seun vir wie hy omgee.
Hoe gelukkig is ’n mens wat wysheid vind,
en ’n mens wat verstandigheid verkry!
Ja, die wins wat wysheid lewer,
is meer as dié van silwer,
meer as dié van goud is haar opbrengs.
Sy is kosbaarder as koraal;
niks wat jy begeer,
kan met haar vergelyk word nie.
Vertrou op die Here met jou hele hart –
op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.
Ken Hom in al jou weë,
en Hy sal jou paaie reguit maak.
’n Lang lewe is in haar regterhand,
en in haar linkerhand,
rykdom en eer.
Haar weë is aangename weë,
en al haar paaie is vrede.
’n Boom van lewe is sy
vir hulle wat haar aangryp,
en hulle wat haar vashou,
word elkeen gelukkig genoem.
Die Here self het die aarde gegrondves met wysheid,
die hemel gevestig met verstand.
Vertrou op die Here met jou hele hart –
op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.
Ken Hom in al jou weë,
en Hy sal jou paaie reguit maak.
"Ken Hom" sets Proverbs 3 to a soulful Afrikaans worship song — a father's teaching to his son about wisdom, faithfulness and trust. The refrain carries the heart of the chapter: "Vertrou op die Here met jou hele hart… Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie reguit maak."
From the album
Vrugteboom