My liefie, klein vy, my kind
Jy is my hart se punt
Baie het ek jou lief
Moenie laat mense jou vreugde dief
Jy mag maar die lewe geniet
Pasop die aanloklikheid van verdriet
Gebruik jou vrees vir goed
Kyk die gevare in die oë as jy moet
Gun ander hulle vreugde en voorspoed
En moenie dat jaloesie jou beboet
Weet ek wil die beste vir jou hê
En van Jesus kan jy dieselfde en meer sê
Moenie dat die wêreld jou waarheid steel
Jy is sterk genoeg om wat joune is te deel
Sit eerste, die koningkryk se bisigtiging
Maak stilte vir die sagte stem se rigting
Pure musical epicness and beauty – soaring classical strings, powerful a cappella layers, deep emotional amapiano pulse building into something majestic and heartfelt
Die mens is nie volmaak, soos jy in my foute sien
Maar glo die beste van ander, tot hul dit nie meer verdien
Weet ek wil die beste vir jou hê
En van Jesus kan jy dieselfde en meer sê
Moenie dat die wêreld jou waarheid steel
Jy is sterk genoeg om wat joune is te deel
My liefie, klein vy, my kind
Jy is my hart se punt
"Klein Vy" closes Vrugteboom as a parent's blessing to a child: enjoy life, use your fear for good, celebrate other people's joy, don't let the world steal your truth — and know that everything a parent wants for you, Jesus wants too, and more.
From the album
Vrugteboom