Die Here is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Hy laat my neerlê in groen weivelde
Na waters waar rus is, lei Hy my heen
Hy verkwik my siel
Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil
Die Here is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Die Here is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee
Ek sal geen onheil vrees nie
Want U is met my
U stok en u staf dié vertroos my
U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teëstanders
U maak my hoof vet met olie
My beker loop oor
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe
En ek sal in die huis van die Here bly in lengte van dae
Die Here is my herder
Niks sal my ontbreek nie
"My Herder" opens Vrugteboom with Psalm 23 sung in Afrikaans — "Die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie." A gentle acoustic setting of the green pastures, the quiet waters and the valley of the shadow of death, ending in the promise of dwelling in the house of the Lord forever.
From the album
Vrugteboom